June 24, 2022

Elektroniese Identifikasie (eID)

As een van die eerste voerkrale in Suid-Afrika wat die gebruik van elektroniese identifikasie (eID) geïmplimenteer het, is Sparta ‘n leier op die gebied van plaas-tot-verbruiker-naspeurbaarheid van beesvleis in ons land.

As een van die eerste voerkrale in Suid-Afrika wat die gebruik van elektroniese identifikasie (eID) geïmplimenteer het, is Sparta ‘n leier op die gebied van plaas-tot-verbruiker-naspeurbaarheid van beesvleis in ons land.

Sparta se wêreldklas-naspeurbaarheidstelsel is ‘n integrale deel van hul ISO-sertifisering en word regdeur hul vertikaal geïntrigeerde besigheid gebruik. Aangesien dit hulle toelaat om rekord te hou alle besonderhede van ‘n bees se lewe – van aankoop tot by die finale verpakte produk of karkas wat in die beesvleismark verkoop word – kan verbruikers met ‘n geruste hart die veiligheid en gehalte van hul beesvleis vertrou.

Met hul aankoms by Sparta se voerkrale in Noordwes en die Vrystaat, word elke kalf met ‘n eID-oorplaatjie gemerk. Hierdie oorplaatjie is uniek aan elke kalf en besonderhede soos plaas van oorsprong, aankoper, ras, gewig en geslag word onmiddellik ingevoer. Die inligting word gebruik om die diere in voergroepe te plaas voor hulle veld toe gestuur word vir agtergrondvoering.

Soos die kalwers groei en behandel word, word inligting deurlopend op die eID-oorplaatjie gelaai. Dit vergemaklik rekordhouding en enige verandering in groeipatrone kan dadelik waargeneem word. So kan die voerprogram en versorging van ‘n bees dadelik aangepas word om te verseker dat elke dier hul volle potensiaal in die voerkraal bereik.

Wanneer die beeste slaggereed is, word die inligting op die eID-oorplaatjie oorgedra na ons abattoir waar meer data soos slagpersentasie en klassifisering ook op die bees se profiel bygevoeg word. Strepieskodes word by die Sparta-aanleg gebruik om elke bees se inligting te bewaar en vas te lê totdat die eindproduk verpak of die karkas uitgelaai word.

Sparta beheer die volledige waardeketting van hul kalwers, voerkraal en verwerking van hul beeste. Hul eID-stelsel vergemaklik die naspeubaarheidsproses vir die uitvoer van hul vleisprodukte. Die naspeurbaarheid en deursigtigheid van hul prosesse verseker voortdurende monitering van gehalte en veiligheid in ooreenstemming met internasionale standaarde.

-Miejon van Zyl

Share

Recommended for you

March 24, 2022
January 28, 2022
June 24, 2022